Ek sien dit so!

Die hele affêre by Lonmin, het my nou aan’t dink gesit. Afgesien van die aanloop tot die “Slag van Lonmin”, dink ek dis belangrik dat ons bietjie dieper na die eintlike geveg kyk.

Terwyl die res van die land rou oor die “tragiese” gebeure van verlede week, behoort ons hierdie beeldmateriaal te bestudeer, want sien, dis nie so vergesog dat ons ook eendag deur sulke massas bestorm sal word nie. Laat ons dus fokus op ons eie oorlewing binne so situasie.

Stap 1 en ook die enigste stap: Indien jou groepie ‘n paar aanvalsgewere het: Slaan dekking en skiet terug. Indien nie, maak dat julle daar wegkom!
Ons moet nou eerlik wees met mekaar, ons as opgevoede Christenvolk, is nie op hierdie stadium opgewasse om teen duisende aggressiewe barbare weerstand te bied nie. Maar moet nou nie na aanleiding van my laaste stelling op ‘n hopie gaan sit en wag vir die dood om jou te kom haal nie, kry jouself en jou naaste gevegsgereed. Gevegsgereedheid moet tweeledig benader word. Eerstens moet ons geestelik reg wees – ons sal dus meer aandag moet gee aan ons verhouding met God.
Die tweede been is fisiese gereedheid. Kry jouself fisies fiks en probeer so bly. Vir jou en jou familie se oorlewing is dit van uiterste belang dat jy so gereed as moontlik is vir enige gebeurlikheid op enige tydstip. As jy dus in die donker loop in jou erf, maak seker dat jy tenminste een meter van die muur af loop wanneer jy ‘n hoek nader. Daarby moes jy reeds vir jouself gesê het dat iemand om daardie hoek vir jou wag met ‘n kapmes in sy hand. Op hierdie manier is jy gevegsgereed en sal jy beslis die vyand se grootste wapen, die element van verrassing, van hom wegneem.

Dit mag dalk absurd klink om jou lewe so te lei, maar wat is die alternatief? Die bewyse van barbaarsheid is onmiskenbaar vasgevang in die onlangse gebeure by Lonmin. Die laaste ding wat jy wil hê, is om onverhoeds betrap te word. Dink bietjie aan die wreedheid waarmee hulle jou en jou gesin kan martel – moet hulle nie daardie geleentheid gee nie! Veg terug! Sterf eerder op jou voete, as wat jy later moet smeek vir ‘n genadedood.

Boerevolk, wees paraat en veilig, moenie toelaat dat gewetenlose barbare jou onkant betrap nie!

Tot ons mekaar weer raakloop,

Boeregroete,

Kordaat Neelsie