Ek sien dit so!

Mense, laat ek julle nou ‘n ding of twee vertel! Hierdie spul mediamense is darem maar ‘n spesie op hul eie. Die vraag ontstaan onwillekeurig by my of die woordjie “nuuswaardig” vir Jan Publiek, dieselfde betekenis het as vir die skepsels wat hierdie “nuuswaardige” stories skryf.

Eers was dit die bohaai rondom vêr-linkse Anton Goosen en die beskaafde Sunette Bridges, met eensydige beriggewing vanuit ‘n ultra-liberale oogpunt geskryf. Laat ek darem hier net ‘n lansie breek vir die baie objektiewe beriggewing van ons eie Volkskoerant, Die Vryburger. Ek glo dis nodig om die ander kant van die saak te stel, en daarin was ons koerantjie suksesvol, veral aangesien Sunette een van ons eie regdenkende mense is.

Nou is dit Amor Vittone wat skynbaar nie kan wag vir Joost om die emmer te skop nie! My vraag is eenvoudig die volgende: Wie gee om? Daar is mos belangriker sake om aandag aan te skenk as die wrywing tussen twee geskeides.

Hoeveel van ons mense moet nog gemartel, verkrag, en vermoor word voordat hierdie gevalle elke dag die voorblaaie van alle koerante haal? En nie net haal nie, sommer ook met ware feite, soos dat die aanvallers nie boewe of rowers is nie, maar haatdraende terroriste wat daarop uit is om ons te intimideer met hul barbaarse modus operandi. Natuurlik sal die liberale pers mos die “ligpunte” uitlig nadat mev. Annette Knoetze(64) koelbloedig vermoor is. In plaas daarvan om te fokus op die barbaarsheid van die terroriste se aanval, fokus hulle liewer op hoe saggeaard die dame was. Met die grootste respek, dit het niks met die artikel uit te waai nie. Laat ons eerder fokus op hoe barbaars die stomme vrou vermoor is. Laat die koerante dan werklike meegevoel wys deur ‘n opvolg artikel te plaas met die slagoffer se goeie eienskappe as onderwerp. Mens kan mos nooit die goeie met die slegte in een artikel saamsnoer nie…of is ek totaal onkundig, of blind? Indien wel, dan dra ek daardie eienskappe met trots!

Boere-Afrikanervolk, ek praat nou met julle, hou op om julle hardverdiende geldjies te mors op daardie media wat die volksmoord op ons mense doodswyg. Kanaliseer daardie geld eerder na mense wat soos julle lyk, soos jy dink, en voel.

Moenie geflous word nie, maar indien jy wel geflous word, moenie nog daarvoor betaal ook nie!

Boeregroete,

Kordaat Neelsie