Duitsland se krag in kleiner ondernemings

Die kleiner besighede in Duitsland, die “mittelstand” ondernemings, lewer ‘n wesenlike bydrae tot die land se ekonomie. Hulle bied onder andere werksgeleenthede aan 60% van die land se werknemers en help ook om valuta vir die land te verdien. Sommige van hierdie ondernemings bestaan al vir geslagte lank, selfs 100 jaar en langer.

Die “mittelstand” het die nuwe geleenthede wat ontstaan het uit die vestiging van die Europese Unie met krag en verbeelding benut en gaan van krag tot krag
ten spyte van die huidige ekonomiese krisis in die EU. Hulle is georganiseer as ‘n groep in eie reg in die Duitse ekonomie en voer van tyd tot tyd samesprekings met die Duitse regering en selfs direk met Kanselier Angela Merkel. Hulle is so kompiterend dat daar selfs na China uitgevoer word. Hulle produkte sluit spesialiteits produkte soos die vervaardiging van masjinerie en kleppe in. Werknemers wissel tussen enkele persone tot 30 of meer. In onderhoude het hulle tog besorgdheid uitsgespreek dat indien die EU se ekonomie nie begin om te verbeter nie dit hulle ook sal benadeel.

Een van die doelstellings wat hulle het is om minder afhanklik te word van die finansiering van die groot banke. As daar aan die ekonomiese krag van die Duitse ekonomie gedink word, word daar onwillikerig gedink aan die groot maatskappye soos Siemens, BMW en andere. Die siel van die Duitse ekonomie is egter sy “mittelstand” en hulle toon daardie eienskappe wat tradisioneel met die Duitse kultuur van hardwekendheid en sobere denke te doen het. Terwyl Griekeland en sommige ander lande in die EU meer geld geleen het om die krisis te oorleef het die “mittelstand” hulle skuld verminder om die dreigende krisis te kon hanteer. Die is hierdie waardes wat sommige van die EU lede en ekonome so irriteer, want hulle wil hê dat daar meer spandeer moet word om mede lidlande te help.