Donna word verlos

Donna, blykbaar die wêreld se oudste seekoei is in die ouderdom van 62 dood. Seekoeie leef gewoonlik 40 tot 45 jaar.

Donna het byna haar hele lewe in die Merker Park-dieretuin en die Botaniese Tuin in die dorpie Evansville, Indiana gebly.

Sy is ’n Nyl seekoei en moes uitgesit word weens die swak lewenskwaliteit in die laaste tyd. Artritis het dit later baie moeilik gemaak om te beweeg.

Donna het in Augustus 1956 by Mesker Park aangekom en het langer in die dieretuin gebly as enige van die personeel wat daar werk. Sy het in haar lewe nie minder as agt kleintjies in die wereld gebring saam met haar maat wat reeds jare gelede dood is.