Diskriminasie of nuwe apartheid?

Blanke mans word nie meer oorweeg vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) se kadet program vir voor¬ne¬men¬de vlieëniers nie.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van SAA, het blykbaar gesê die kadet program is geadverteer om sy vlieëniers se demografie in pas met dié van die land.

Hy het voorgegaan en gesê slegs 15% van SAA se vlieëniers is tans swart, wat bruines en Indiërs insluit. Die res is wit. Boonop is 91% van hulle mans.

Wittes sal slegs oorweeg word indien daar geen swartes beskikbaar is nie.

‘n voorbeeld van die saak is van ’n blanke jongman wat al ’n kommersiële vlieglisensie het maar nie toegelaat is by die kadet program nie.
’n Woordvoerder van die Verkennerbeweging het gesê dit is diskriminerend en veel erger as wat ooit in apartheid plaasgevind het. In daardie tyd is elke volk afsonderlik ontwikkel om in alle dienste betrek te word.
Of is dit nou die nuwe apartheid onder die naam “diskriminerende affirmative action”, het hy gevra.