Die Mandela’s darem!

Zondwa Mandela, ’n kleinseun van Nelson Mandela, weier om die uitstaande skuld op sy Mercedes-Benz aan Investec te betaal, het die Sunday Independent berig.

Hy weier glo ook om die voertuig aan die bank terug te gee.

Howard Tradonsky, woordvoerder van Investec het gesê dat die bank reeds in Oktober reeds die nodige dokumente bekom om die Mercedes Benz S320 CDI ter waarde van R669 000 terug te neem.

“Hy het dalk aan die begin ‘n paar paaiemente betaal,” is deur die woordvoerder gesê.

“Ons hanteer mnr. Mandela nie anders as enige ander skuldenaars wat nie kan of wil betaal nie.”

Iemand het tereg opgemerk: “Ai, die Mandela-lot darem!”