CVO Verjaardag fees !

Op Saterdag die 4de Augustus 2012 het CVO Pretoria sy twintigste bestaansjaar herdenk. Talle oudleerlinge en oudonderwysers het die feesdag saam met huidige leerlinge geniet. Die jaarlikse kaskarwedren is onder andere op die dag gehou en oudleerlinge het ook geleentheid gekry om teen huidige leerlinge onderskeidelik raakrugby en netbal te speel.

Die klanke van die Donkiekar-boereorkes het die atmosfeer help skep van ‘n ware Boerefees. Die feesdag is afgesluit met ‘n Potjiekoskompetisie waaraan nie minder as dertien spanne deel geneem het. Mnr Bennie van Zyl van TLU en Mnr Ben Geldenhuys van Die Verkennersbeweging was van die beoordelaars in die potjiekoskompetisie wat gewen is deur die “Chaotiese bomskokspan” met naaswenners die “Vishoek span”.