Clive doen aansoek

Meneer Clive Derby-Lewis sal aansoek doen om mediese parool, omdat hy siek is, het sy vrou, Gaye, aan Eyewitness News gesê.

Sy vrou beplan om die dokumente binne die volgende paar weke in te dien en sy glo haar poging sal suksesvol wees, aangesien haar man kanker het en aan gangreen in een been ly. Dit is die eerste keer dat Derby-Lewis aansoek om mediese parool doen. Sy normale parool is verlede jaar van die hand gewys.

Mnr. Derby-Lewis (76) se vuurwapen is deur Janusz Walus gebruik. Walus dien dieselfde vonnis uit.

Die onreg wat gepleeg word teenoor mnr. Derby-Lewis word nou baie wyd veroordeel. ANC ondersteuners wat vir jare agter tralies moet wees word op parool vrygelaat asof hulle siek is terwyl hulle klaarblyklik blakend gesond rondloop.