Briewe – Van luistergenot na luistermarteling

My luistergenot by Radio Pretoria het totaal verander in absolute luistermarteling. Tog luister ek nog wel daarna ter wille van die vergelykbaarheid met die tyd toe Henk van de Graaf, Sakkie van der Merwe en Clem de Klerk nog daar was.

Gister was ‘n uitstekende voorbeeld. My gedagtes daaromtrent het ek op Radio Pretoria se Facebookblad geplaas, maar dit is twee keer binne sekondes verwyder. My waarneming was as volg:

Radio Pretoria luisterfrustrasie 27 Augustus 2012

Klankkoerant: gesprekke met Dirk Hermann en Willie Spies van Solidariteit. Hernoem die program na Solidariteitskoerant.

Nuuskommentaar: huldeblyk aan ATKV se stigting, sonder om te meld hoe hierdie instansie die pad byster geraak het deur ‘n instelling vir Afrikaanses te word, kompleet met Kleurlinge in bestuursposte.

Fokus op die Wêreld met Friedel Hansen:
Die temerige Solidariteit ‘politieke ontleder’ Reint Dykema, is genadiglik met verlof. Sy tydgleuf word gevul met ‘n polities nat agter die ore dametjie van Solidariteit se Maroela Media sonder duidelike volksgevoel, wat hoofnuus maak van:
* vier seuntjies wat verdrink het naby Pretoria. Dit was volksvreemdes wat gaan swem het waar hulle nie moes nie. Hulle het eintlik niks met Radio Pretoria te doen nie, hulle mense luister nie na Radio Pretoria nie en Radio Pretoria se luisteraars stel nie in hulle belang nie. Behalwe dalk dat nou dit deel geword het van die ‘maak SA werk’- Solidariteit veldtog en politieke korrektheid teenoor die ‘bruin Afrikaanses’,
* die dood van dr. Neville Alexander. Hy was ‘n volksvreemde ANC aktivis wat vir poging tot sabotasie tronk toe gestuur is en daarna vir 5 jaar onder huisarres geplaas is;
* Maroela Media se “Grootste Afrikaner van Alle Tye” aksie, waar Steve Hoffmeyr selfs meer stemme kry as pres. Paul Kruger. Maroela Media het selfs karakters soos Beyers Naude, FW de Klerk, Leon Schuster en Haas Das hiervoor ingeskryf.

Nouja, wat verwag ‘n mens van ‘n instelling wat beheer word deur ‘n vakbond wat die volksvreemde kleurling Christo February, se saak aanvat in die Wes-Kaapse arbeidshof oor wat hulle noem ‘regstellende aksie’? Daarmee het Solidariteit die eerste sigbare stap gegee in die rigting van die akkommodering van die bruin Afrikaanses. Daarmee het hulle verdere verraad gepleeg teenoor die misleide Afrikaners wat steeds glo dat Solidariteit ‘ons mense’ is.

Dit is wat Radio Pretoria deesdae propageer!!

U is welkom om dit te gebruik vir waar u dit nodig vind.

Hoogagtend
(dr) Awie van Dyk