Briewe – perspektief

Dit is wonderlik om te sien dat daar soveel ander mense is wat die gebeure in hierdie land in perspektief sien vir wat dit is, en nie die verdraaide gemorsweergawes aanvaar nie.

Die VVK het nou n geleentheid om weer die plaasmoordsyfers internasionaal te publiseer en te vergelyk met die 34 wat omgekom het by Marikana. Slaan die yster terwyl dit nog warm is.

Die ANC en hulle voormalige beste vriende, COSATU, het vir veertig jaar hulle volgelinge geleer hoe om te betoog en te staak, nou moet hulle maar vir hulle kry. Die skuld vir die sterftes moet nie voor die deur van die polisie gele word nie maar waar dit hoort – die unies wat stakings aanbeveel en massabetoging aanhits. Met ons historiese agtergrond waar mense militant aangehits was om soveel moontlik skade gedurende betogings aan te rig, behoort die unieleierskap te weet dat die tropdier sal oorneem sodra mens soveel mense bymekaarbring om te betoog.

Ons moet net probeer agterkom wat die ANC nou eintlik probeer wegsteek want dit is normale praktyk om die aandag van die werklike probleme af te lei met n staking of pretloop waaraan Julius Malema deelneem. Die ANC gebruik hom hoeka vir n “patsy” en ek se dit saggies – ek dink hy kry baie geld om die pakslae te verduur sodat die kollig nie die werklike probleme uitlig nie.