Brief – logiese gevolgtrekking

Die redaksionele artikel in Die Vryburger van 6 Augustus 2012, onder die opskrig “ Logiese gevolgtrekkings”, meld dat honderde lede van die veelrassige organisasies, die vakbond Solidariteit en sy Suid-Afrikaanse burgerlike filiaal, Afriforum, die vêr linkse politieke party, die DA, ondersteun. Hiermee net ‘n effense regstelling. Die lede van die twee genoemde veelrassige organisasies se ondersteuning aan die DA is nie honderde nie, dit is tienduisende. Dit laat ‘n mens wonder, hoeveel van die personeel en bestuur van die twee veelrassige organisasies ook vir die vêr linkse DA stem.

Volgens ‘n berig onder die opskrif “Sό gaan Solidariteit se lede stem” in die linkse Sondagkoerant, Rapport van 7 Mei 2011, blyk dit uit bevindings van die Solidariteit-navorsingsinstituut dat 76% van sy lede wat gaan stem vir die vêr linkse DA gaan stem. Die berig meld ook dat hy sy lede aangemoedig om te gaan stem. Dit laat ‘n mens wonder oor hoe groot die ondersteuning onder Solidariteit en Afrikforum se bestuur en personeel vir die vêr linkse DA is.

Die blote feit dat die veelrassige vakbond, Solidariteit, die uitslag van sy interne meningsopname aan die linkse koerant Rapport beskikbaar gestel het dui daarop dat die vakbond heel in sy skik moet wees met sy lede se ondersteuning van die vêr linkse DA.

Piet Niemand