Gedurende Julie 2012 is Henk van de Graaf as verteenwoordiger van die Boere-Afrikaner Volksraad en van TLU-SA deur die nasionalistiese beweging van Hongarye genooi om hulle in te lig oor die plaasmoorde wat in Suid-Afrika plaasvind. Die besoek het plaasgevind tydens die weeklange feesvieringe in Hongarye waar meer as 3 000 volksgesinde en –behoudende mense byeengekom het vir ‘n musiekfees en daarmee saam verskeie konferensies gehou het onder andere oor Suid-Afrika, Europese en Hongaarse sake.
Die feesvieringe vind plaas sowat veertig kilometer noord van Budapest op ‘n redelik afgeleë fees- en kampeerterrein. Feesgangers slaap almal in klein tente. Volksdanse en volksport, waaronder die oer-oue ridderspele, word bedryf en tussendeur word lesings, praatjies en gesprekke gevoer wat die onderdrukking van volksgesindhede oor die hele wêreld toelig, asook die onderdrukking van minderhede in hierdie verband. So is daar dan ook aan Henk van de Graaf geleentheid gegee om die situasie in Suid-Afrika met klem op die plaasmoorde te verduidelik.
Henk het op 30 Julie 2012 verslag oor sy besoek aan Hongarye aan die Pretoriase Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis (SEGE) gelewer. Hy het melding gemaak van die besondere simpatieke en ondersteunende wyse waarop sy boodskap ontvang is. Onder andere het hy vertel van die groot Vierkleurvlag wat teen die buitemuur van die gebou waar hy tuisgegaan het, opgehang is asook van verskeie ou republiekvlaggies (oranje, blanje,blou) wat oral opgemerk is.
Hy het in sy referaat melding gemaak van die vele gevalle van volksmoord wat die Boerevolk al in verlede ondervind het, naamlik die moorde op die boere deur die Khosas op die Oosgrens en wat onder andere aanleiding gegee het tot die ontstaan van die Groot Trek; die 34 000 vroue en kinders van die Boeregesinne wat deur die Engelse in die 3-jarige oorlog van 1899 – 1902 in konsentrasiekampe vermoor is en nou die ongeveer 1 600 boere wat reeds deur die huidige vlaag van plaasmoorde omgekom het.
Henk het verder sy toehoorders ingelig oor die vernietiging van die Afrikaanse taal, die aanslag op Afrikaanse skole, die verdraaiing en vervalsing van die Afrikaner se geskiedenis, die verandering van straat- en plekname en die uitskakeling van blankes uit werkgeleenthede deur swart bevoordeling.
Hy het die mense gewys op die onbegryplike aksie dat daar as gevolg van ‘n klein getal boere wat in Zimbabwe vermoor is, die wêreld selfs persoonlike sanksies teen Mugabe en sy ministers ingestel het, maar oor die 1 600 boere wat in Suid-Afrika in die vlaag plaasmoorde vermoor is, het die wêreld nie ‘n vinger verroer nie.
Binnekort sal ‘n Handves van Volksregte gefinaliseer word wat na alle Europese nasionaliste gestuur sal word met die bedoeling dat dit uiteindelik ook aan die Verenigde Nasies gerig sal word vir internasionale toepassing. Verder is ook kennis geneem dat daar ‘n groep jong mense is wat ‘n alternatiewe Europese Unie tot stand wil bring wat hom sal beywer vir die erkenning van volksregte en volkskultuur en wat langs bestaande Europese Unie sal staan en wat oor die finansies en ekonomie sal waghou.
Dit is beklemtoon dat daar vir die opkoms van die volksnasionalisme ‘n lang en taai stryd voorlê maar elke volksgesinde Afrikaner sal hierby ernstig betrokke moet raak.
Hierdie besoek is pryssinswaardig en geluk aan almal wat dit moontlik gemaak het.
Dit is uiters noodsaaklik dat die wereld ingelig word oor die regering se aanslag teen die Afrikaner en die plundering en vernietiging van alles onder ANC regering en hul onvermoe om te regeer moet hard en duidelik aan die wereld uitgewys word.
Fotos het enorme impak en ek sou dink dat ons soveel fotos en videos as moontlik moet neem om vergelykings te kan tref tussen hoe dit was en hoe dit verval het na die ANC oorgeneem het.
Ek is daarvan oortuig dat die regdenkendes, al is dit miskien die minderheid, wel later tot die gevolgtrekking sal kom dat apartheid nie die drakoniese stelsel was vir wat dit deur die swartes uitgemaak was nie en dat die swartes tot ‘n groot mate vir hulle eie elendes verantwoordelik was.
Baie geluk, ook van my kant af. Voowaar n baie goeie prestasie en ons is werklik trots op Mnr van de Graaf. Alle pogings MOET een of ander tyd die aandag trek. Hierdie is een. Hierdie klomp agtergeblewe vertraagde idiote snuif seker nou die GENKEM dat dit n naarheid is! Hongarye het npaar jaar gelede agtergelaat wat ons nou getref het. Aan hulle ook, dankie dat hulle begrip toon en ook verstaan van die gemors wat op ons afgedwing is. Julle moet ons asb op hoogte hou.