Assange assiel in Ekuador toegestaan.

Onderonsies het buite die Ambassade in Ekuador ontstaan nadat aangekondig is dat die Republiek assiel aan die Wikileaks-uitvinder toegestaan het en die Britse Regering gedreig het om hom met geweld te arresteer.

Nie eers onder die ergste Sowjetbewind in Rusland is die diplomatieke soewereiniteit van ‘n land so bedreig nie. Indien Brittanje voortgaan met die dreigement is dit gelyk daaraan dat Ekuador se politieke immuniteit opgehef word.

Ekuador se Minister van Buitelandse Sake, Ricardo Patino het skerp gereageer en gesê dat hulle dit wil duidelik stel dat hulle nie ‘n kolonie van Engeland is nie.

‘n Woordvoerder van die Britse Departement van Buitelandse Sake het gesê dat onder Britse wetgewing kan hulle die Ambassade ‘n week kennis gee om Julian Assange te oorhandig. Indien hulle nie gehoor gee nie laat die wet hulle toe om die eiendom te betree en sal die ambassade nie verdere diplomatieke beskerming geniet nie.
.Die regering van Ekuador het gesê hulle sal so ‘n stap as vyandig en onaanvaarbaar beskou asook ‘n direkte aanval op hulle soewereiniteit.
Die Australiaanse kuberkraker het die afgelope agt weke in die ambassade geskuil terwyl hy aansoek om assiel gedoen het. Hy beweer dat sy lewe in gevaar sal wees indien hy na Swede gestuur word om tereg te staan op twee aanklagte van seksuele molestasie. Swede het nog nie die klagtes geformulleer nie. Volgens hom is hy bevrees dat hy na Amerika uitgelewer sal word, wat hom op aanklagte van hoogverraad wil verhoor na aanleiding van al die politieke leuens en geheime wat hy en sy span blootgelê het.