Apple maatskappy met hoogtse waarde

Die merkwaardige prestasie van die elektroniese kommunikasie onderneming Apple verbaas steeds die wêreld.
Apple se stygende aandele prys het tot gevolg dat hy so pas die mees waardevolle maatskappy in die wêreld geskiedenis
geword het en by Microsofte se $616,3 miljard verby gegaan het.

Apple is nou 17 keer meer werd as Ford Motor Maatskappy, sewe keer meer werd as McDonald’s, ses keer meer werd as
Amazon.com Inc. en dertien keer meer werd as Facebook Inc.

Apple het veral sterk gegroei oor die afgelope vier jaar toe sy aandeleprys verhandel het teen $20 in 2001, $85,35 in 2008 en tans teen $665,15.
Die Mac rekenaar en die iPhone bly steeds van die gewildste produkte in die Westerse lande weens die betroubaarheid en inoverende idees
wat kenmerkend van die produkte is. Mense wat een keer ‘n Apple produk gebruik het wil daarna niks van enige ander produk weet nie.

Volgens kenners gaan die nuwe iTV van Apple net so verassend wees en mense se woonvertrek verander.