Apartheid was beter!

“Selfs apartheid was beter as dit waardeur premier Ace Magashule ons nou sit.”
Dit is die woorde van sowat 2000 swartmense wat van die woonbuurte Tambo en Matwabeng, Senekal, na die munisipale kantoor opgeruk het om ’n grief-skrif aan die burgemeester Tshediso Jakobo, te oorhandig.
Jakobo het egter gesorg dat hy wegbly en was nie vir kommentaar beskikbaar nie. Die speaker, Molefi Pius Mohlomi, is gestuur om die griefskrif te ontvang.
Inwoners het hom verskree, hul griefskrif oorhandig en gesê hulle wil binne sewe dae antwoorde op hul griewe hê.
Die inwoners eis water in hul krane.
Sylvester Sehlabi, een van die organiseerders van gister se betoging, sê meer as 3000 inwoners op die hele dorp sit tans sonder ’n druppel water.
’n Woordvoerder in die Vrystaat het aan Die Vryburger gesê dat die beswaardes dit herhaaldelike kere beklemtoon het dat die dae van apartheid veel beter was as die sogenaamde “nuwe demokrasie” waar inwoners nie eers water het nie.