ANC nou die teiken

Betogers in Auckland, Nieu-Seeland, het met verf die SA konsulaat bestook ná die dood van 34 mynwerkers van Lonmin myn.

3 News het berig dat betogers die konsulaat met verf bestook het en ’n brief aan Jacob Zuma teen die deur geplak.

’n Woordvoerder van Global Peace and Justice Auckland (GPJA), het in die brief gesê Zuma en die Suid-Afrikaanse regering het “bloed aan hul hande”.

Die betoging teen Suid-Afrika volg op ’n stortvloed negatiewe kritiek in die oorsese media teen Zuma en sy ANC-kommunistiese regering oor die Lonmin-slagting wat soortgelyk is aan Sharpville.

’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging het in ’n onderhoud aan Die Vryburger gesê dat die ANC regering nou in dieselfde munt betaal word as wat die apartheidsregering ervaar het na Sharpville.

“Die wereld kyk met nuwe oë na die land en besef nou dat alles nie pluis is nie” het hy gesê.