ANC Grootkop Mondo weggejaag

Die hoofamptenaar vir finansies van die parlement, ene Leslie Mondo, is ontslaan na aanleiding van bevindinge van ‘n dissiplinêre verhoor.

Mondo is skuldig bevind aan vier uit vyf aanklagte van wangedrag.

Die aanklagte hou verband met die salaris voorskot van R186 000 wat aan Zingile Dingani, die sekretaris van die nasionale vergadering, gegee is vir ‘n sekuriteitsmuur om sy luukse woning in Panorama.

Mondo het die parlement se departement van finansies glo beveel om die voorskot aan Dingani te gee.

“Mnr. Mondo is aangekla van vyf klagtes van wangedrag wat verband hou met finansiële sake. Hy is skuldig bevind aan vier van hulle,” het die parlement in ‘n verklaring gesê.