ABSA en Barclays beoog samesmelting

ABSA (voorheen Volkskas en United) en Brittanje se Barclays beoog om verder saam te smelt. Dit sal te weeg bring dat ABSA verder weg beweeg van ‘n egte Suid-Afrikaanse bank te wees.

Barclays het reeds ‘n wesenlike aandeelhouding in ABSA. Die banke wat in die samesmelting beoog word is Barclays se belange in Zambië, Uganda, Botswana, Ghana, Kenia, Tanzanië en die Indiese Oseaan.
Dit word beplan dat die proses teen 2013 afgehandel sal wees.