Aandag oud-Tukkies!

Beste Mede-Tukkie,

Lede van die konvokasie van Tukkies kry van vandag af tot die 10de Augustus 2012 die geleentheid om te stem vir ’n president van die konvokasie.

Daar is twee kandidate vir die posisie genomineer. Een kandidaat, Mnr. Leo Haese is deur myself voorgestel en onder andere deur die onder-voorsitter van Tuks Alumni, Dr. Rina Venter gesekondeer. Ek gebruik graag die geleentheid om u meer omtrent Mnr. Haese mee te deel: Mnr. Haese het ’n B Comm sowel as ’n M.B.A. aan UP verwerf en is ’n welbekende sakeman. Hy was onder andere ’n ontvanger van die gesogte Tuks-Alumni Laureaat toekenning en is ook al bekroon as Pretorianer van die Jaar.

Om te stem, gaan gerus na die skakel op UP se webblad en maak so.

Dankie, vir jou ondersteuning aan Tukkies. Stuur asb. die e-pos aan soveel as moontlik van jou vriende ook.

Willie Spies