VIR DIE TUINIER – DIE HALFMENS VAN DIE WOESTYN

PACHYPODIUM NAMAQUANUM

Hierdie plant word ook die “Elephant’s Trunk” genoem. Hy word ook geklassifiseer onder bome. Hierdie fassinerende bome groei net in droë rotsagtige halfwoestyngebiede.

Wanneer dit afgeëts teen die horison of teen skemer gesien word, kan hul vreemde lang vorms maklik vir mense aangesien word. Hierdie plant verskil van die Halfmens in ons eie tuine.
Hy het ’n lang spitslopende stam met ’n bos krullerige blare aan die bo-punt. Dit is meestal takloos. Die stamme word tot 4 meter hoog en is dik by die basis en het vratterige knoppe, en elke “vrat” het ’n doring aan die punt.
Die plant dra ook buisvormige blomme wat rooi binnekant en groen buite is. Die blomme word tussen die blare voortgebring en later vorm vrugte wat taamlik klein is en word in pare gedra.
’n Kenmerk van hierdie plant is dat die stam se punt altyd Noord neig. Hul word maklik vir mense aangesien. Volgens Afrika legendes is dit mense wat in plante verander het en verdoem is om altyd na die noorde, die rigting waarvandaan hulle gekom het, te kyk.
Hierdie plante is ’n bedreigde spesie en word streng beskerm.

Die einde van die Halfmens rubriek is nou bereik.