Zuma se uitsprake

Gedurende die afgelope week het die ANC president verskeie aspekte aangeraak tydens die beleidskonferensie in Midrand.

– Die Grondwet gaan nie verander nie
– Die gewillige verkoper-koper beginsel werk nie en iets anders moet gedoen word.
– Die blanke mans beheer steeds die ekonomie van die land.
– Die nasionalisering van myne en ander eiendom gaan nie toegepas word nie

Kenners waarmee “Die Vryburger” onderhoude gevoer het is dit eens in hul mening dat hierdie uitsprake gemaak is om die blankes te kalmeer nadat die oorlog praatjies van die Jeugliga ’n skudding veroorsaak het.

Die Grondwet gaan nie verander nie, en nasionalisering gaan nie toegepas word nie, maar nuwe metodes gaan ingespan word om eiendom wat tans in blanke hande is, te bekom. Waardebepaling is tans die sleutel waarmee hulle elke moontlike onderneming kan nasionaliseer. Ewe so sal daar onhoudbare wette deur die parlement gestoomroller word wat grondgryp, en die beheer wat blanke mans het oor die ekonomie, sodanig te beïnvloed dat daardie blankes soos die Oppenheimers, eerder die land gaan verlaat.

Ekonome wys daarop dat die drog-wette wat nodig is om die blankes uit die bestel te dryf, van nywerheid tot landbou grond sal insluit, in die komende jaar of twee deurgevoer sal word.

Boere-Afrikaners moet hulle self posisioneer om die “tweede oorgang” die hoof te bied. Twee van die belangrikste dinge wat nodig is, is om volkseie arbeid te gebruik en om groter ondernemings te “ontbondel” en as familie besigheid op te deel in afsonderlike entiteite.

Die werklikhede van Afrika is hier om rekening mee te hou – en hierdie toestand gaan vererger, beslis nie verbeter nie.