Zuma se nuwe vliegtuig

Die Departement van Verdediging wou nie kommentaar lewer oor berigte dat hulle besig is met die aankoop van ‘n vliegtuig vir pres. Zuma nie.

Minister Nosiviwe Mapisa-Naqkula, sal die media later toespreek oor projekte en programme,” het Siphiwe Dlamini, die weermag se kommunikasiehoof, gesê.

Volgens berigte wat “Die Vryburger” bereik het sal die ultra luukse vliegtuig sowat $150 miljoen (sowat R1,25 miljard) kos en ‘n bykomende $80 miljoen (sowat R625 miljoen) om aan te pas by die president se behoeftes..

‘n Global Express 600-vliegtuig, wat $28 miljoen (R235 miljoen) sal kos word dan vir die adjunk-president aangekoop. Dit bring die rekening op sowat R2,10 miljard te staan vir die twee vliegtuie.

Daar bestaan egter onsekerheid of die aankope gedoen sal word.