VRUGTE, EN NOGMAALS VRUGTE

Ons almal dink dat vrugte sommer maar net gekoop en geëet moet word. Nee – sommige mense het ‘n ander mening. Hulle beweer dat daar ‘n regte manier is om vrugte te eet.

Hier is meer inligting daaromtrent. Eet dit op ‘n lëe maag. Indien dit so geëet word, gee dit meer energie. Almal weet vrugte is ‘n baie belangrike voedselbron. Om optimale waarde daaruit te kry, eet dit op ‘n lëe maag, voor etes.

Gebalanseerde etes sal jou algemene gesondheidstoestand laat verbeter, jy sal sommer meer energie hê. Hou altyd die goue reel vir algemene gesondheid in gedagte: MATIGHEID. Te veel van ‘n goeie ding is nie noodwendig goed nie.

Dit is verkieslik om vars vrugte te eet of vars vrugtesap te drink. Sodra vrugte verwerk word gaan daar dikwels van die voedingstowwe verlore, veral as dit gekook word.

Die volgende vrugte bevat waardevolle voedingstowwe:
KIWI: Goeie bron van kalium, magnesium, vitamien E & C en vesel.

APPEL: ‘n appel ‘n dag laat die dokter wag. Alhoewel appels nie baie vitamien C het nie, bevat die antioksidante en flavonoiede wat vitamien C se werking bevorder.

AARBEIE: bevat die meeste antioksidante indien vergelyk word met die algemene soorte vrugte.

LEMOEN: Soete heerlikheid! Deur 2 tot 4 lemoene ‘n dag te eet, kan jy help om verkoues bietjie hok te slaan.

WAATLEMOEN: Les jou dors! Dit bevat omtrent 92 % water, en bevat likopeen wat jou immuunstelsel ondersteun. Ander voedingstowwe is kalium en vitamien C.

KOEJAWEL and PAPAJA: Propvol vitamien C. Koejawel is ook ‘n bron van vesel terwyl papaja baie karoteen bevat wat goed is vir jou oë.

Moenie die waarde van vars vrugte in jou daaglikse dieet onderskat nie – ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees!