Vooruitstrewendes nou bankrot?

Die Emfuleni-munisipaliteit het R150 miljoen van twee kommersiële banke geleen om diensverskaffers te betaal.

Volgens die notules van ‘n spesiale raadsvergadering het dié -munisipaliteit, wat bestaan uit Vanderbijlpark, Vereeniging, Sebokeng, Evaton en omliggende dele, die enorme bedrag geld geleen omdat hy moes vermy dat verskaffers hulle dienste opskort..

R50 miljoen is glo by Absa geleen en R100 miljoen van Standard Bank. Een verskaffer eis blykbaar dat sy uitstaande rekening van R30 miljoen onverwyld betaal word.

’n Woordvoerder in Vereeniging het aan “Die Vryburger” gesê dat die gebied vir dekades ’n vooruitstrewende gebied was en miljoene Rand op spesiale beleggingsrekeninge gehad het. Daardie beleggings was bedoel om ernstige rampe of groot uitbreidings te finansier. Vandag is die munisipaliteite almal bankrot omdat daar onkundiges in die top poste sit terwyl hulle klaarblyklik nie ’n benul het van goeie munisipale bestuur nie.