Volksmoord duur voort

Gedurende die afgelope maand het die moorde op blankes voortgeduur. Altesaam agt blankes is vermoor in Junie 2012 is gerapporteer deur ’n woordvoerder van Projek 2010.

Die PWV gebied (Gauteng) is die swaarste getref met drie moorde. Natal het twee moorde aangemeld en een elk is gepleeg in Oos-Transvaal, Oos-Kaapland en Noord-Transvaal.

Die moord op blankes staan in skrille kontras met die uitspraak van Pres. Zuma tydens die beleidskonferensie waar gesê is dat daar moet gewerk word om die blankes se respek te verdien sodat hulle kan aansluit as lede van die ANC.

Die woordvoerder van Projek 2010 het voorts daarop gewys dat terwyl die moorde op blankes plaasvind word nuwe maatreëls oorweeg deur die regering om blankes “wettig” te onteien deur vrywillige koper-verkoper stelsel te vervang met iets meer kommunisties van aard.

Die opmerking is met ’n tikkie versteekte humor gemaak dat Suid-Afrika dalk nou ’n nuwe bedeling binnegaan waar “president Jacob Mugabe” aan bewind is.