VOLKSEIE ARBEID IN ʼn VOLKSEIE EKONOMIE – 24 Julie

Verlede week het ons kortliks die frustrasies betreffende swak diens deur verkoopspersoneel aangeraak. Daarby is ook aangelas die irritasie wat straatverkopers meebring. Hierdie week wil ek rigting inslaan na ‘n beroep wat deur talle sukkelende volksgenote beoefen word, naamlik motorwagte.

Hulle kan bykans by elke winkelsentrum gevind word. Meestal is dit volksvreemdes wat jou met gebroke Engels begroet wanneer jy uit jou voertuig klim. Sommer dadelik is die frustrasievlakke hoog…vir sekere volksgenote natuurlik. Sê jy bedagsaam: “Nee dankie” dan word jy met moordoë aangegluur asof jy die skepsel se hele familie uitgemoor het. Die kanse is dan ook goed dat jy ‘n krapmerk of twee op jou motor kan verwag met jou terugkoms. Persoonlik onderdruk ek my kokende bloed en groet kortaf. Dis nie nee of ja nie, daardeur laat ek genoeg twyfel in die wese se kop oor of hy my skade moet berokken aldan nie.

Op een so dag, stap ek met die winkeltrollie na my motor, my drie-jarige dogtertjie sit ook in die trollie. Met die oopsluit van die kattebak, gewaar ek ‘n motorwag wat nader strompel. Die volgende oomblik, probeer hy my dogter uit die trollie tel. Nodeloos om te sê, ek het hom ordentlik die leviete voorgelees met ‘n tikkie gekruide taal. Van daardie dag af, as hierdie spesifieke wag my sien, behou hy ‘n behoorlike afstand tussen ons, daarby word ek ook vriendelik gegroet sonder ‘n vraag oor of hy na my motor moet kyk. Die punt is, ‘n volksvreemde motorwag kry nie ‘n sent uit my nie.

Nou wat dan van blankes wat hierdie werk doen? Wel, ek sal eerstens altyd poog om te parkeer waar ‘n blanke diens doen, al moet ek verder stap na die winkel toe. As die persoon vriendelik en beskaafd is, sal ek hom ‘n paar rand gee. Afrikaanssprekende motorwagte kry natuurlik ‘n ietsie meer by my. Feit is, hierdie blankes probeer minstens die pot aan die kook hou. Ons moet dus daarop fokus om hulle by te staan in hierdie eerbare poging, deur hulle meer te gee as vir wesens wat in elkgeval deur liberale Afrikaners op die hande gedra word. Met ander woorde, help diegene binne volksgeledere wat bereid is om hulself te help.