VOLKSEIE ARBEID IN ʼn VOLKSEIE EKONOMIE – 17 Julie

Wat het geword van die goeie ou dae? Daardie dae waarin jy by ‘n winkel instap, en deur ‘n opgevoede en behulpsame Afrikaner bedien word. Dit voel byna vreemd om te dink dat hierdie scenario eens op ‘n tyd die algemene verskynsel was.

Destyds: “Goeiemôre meneer! Waarmee kan ek u vandag help?”. Vandag: “Yellow! Hmmm…eish…uh…eh…you want plastic?”.

Hartseer, tog waar. Wanneer mens egter die rare voorreg het om by ‘n winkel in te stap, en deur een van jou eie mense bedien te word met professionaliteit, wil jy amper op jou rug val van skok. Is dit miskien ‘n teken dat dinge al so ver verbrokkel het dat ons geskok is om in Afrikaans bedien te word? Indien wel, is dit uiters kommerwekkend!

Goed, ons het gesels oor diens binne gevestigde winkels wat jou bloeddruk kan opjaag. Wat dan nog van die wesens wat jou lastig val by verkeersligte met allerhande produkte wat hulle aan jou wil verkwansel? Dis nie asof jy na ‘n sekere verkeerslig ry om iets te gaan koop nie, dis bloot op jou roete na iewers. Jy word letterlik toegesak deur ‘n spul onopgevoede barbare. In my geval, kos dit gewoonlik die grootste geduld om nie uit te spring en klappe uit te deel nie. Nie net teenoor die “verkoopsmanne” nie, maar ook die motoriste wat hulle ondersteun. Wil mense nie net besef dat hoe meer jy hulle ondersteun, hoe groter word die mark nie? ‘n Groter mark gaan aanleiding gee tot meer “breek-en-gryp” gevalle, so ook meer kapings, en boonop hoër frustrasievlakke vir mense soos ek.

Ons werklose volksgenote moet tot die besef kom dat hulle kanse om werk te kry elke dag ’n bietjie verbeter. Ek glo, eintlik hoop ek van harte so, dat mense besig is om moeg te raak vir swak diens. Hierdie is dus ‘n geleentheid vir werksoekers om hul goeie maniere, wat eie is aan ons volk, weer deel te maak van hul mondering en om dan te gaan aanklop vir werk. Jy mag blank wees in ‘n swart arbeidsmark, maar jy beskik oor iets wat die huidige kassier by ‘n supermark nie oor het nie, logika en menslikheid.