Vliegtuig transaksie gekanselleer?

Pretoria – Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van Verdediging, het tydens ‘n mediakonferensie gesê die aankoop van ‘n vliegtuig vir pres. Jacob Zuma is gekanselleer. Sy het gesê dat sy het met die Boeing vervaardiger vergader het en die maatskappy ingelig dat die transaksie gekanselleer is.

Die minister het ook gesê daar is geen kontrak vir die aankoop van ‘n straler nie. Sy sal ondersoek laat doen na die moontlikheid om ’n vliegtuig te koop wat vir die volgende kwart eeu diens kan doen.

Berig is ontvang dat die sekretaris van verdediging, Sam Makhudu Gulube, die VSA besoek het om die aankoop van ‘n Boeing 777-200 LR straler vir Zuma te finaliseer.

Die ANC regering is vasbeslote om vir die president ’n vliegtuig aan te skaf omdat dit ’n jare lange mode in die res van Afrika is. Selfs Mugabe beskik oor ’n vliegtuig te midde van sy land se swak ekonomiese toestand.

Meningsvormers in die land is van oordeel dat die transaksie gekanselleer is weens die geweldige druk wat toegepas is. Die moontlikheid van ’n tweede vliegtuig wat vir die adjunk-president bedoel is, het nou ook ’n stille dood gesterf.

Twee dae later verneem “Die Vryburger” uit ’n betroubare bron dat twee ander vliegtuie gekoop gaan word vir die twee menere.