Verkeerde MIV toets-stel

Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n tender van R22,5 miljoen toegeken vir MIV-toetsstel wat aanvanklik deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verbied is, berig Eyewitness News.

Die nasionale tesourie in Suid-Afrika het bevestig dat 4,5 miljoen stelle goedgekeur is en beweer dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes die aankoop daarvan goedgekeur het.

Die WGO het die MIV-toetsstel verbied en afgekeur en versoek dat regerings nie hierdie produk moet versprei nie, aangesien dit foutiewe uitslae aan pasiënte verskaf.

Jabulani Sikhakhane, woordvoerder van die nasionale tesourie, het gesê die tender is toegestaan omdat dit ’n goedgekeurde produk is.