Transaksie beklink?

Die besluit van die Direksie van Radio Pretoria om deel te word van die Solidariteit-Afriforum se rasgemengde strukture kon sekerlik nie duideliker uiteengesit word as met die foto nie.

Luisteraars van Radio Pretoria word op verskillende maniere mislei. Daar was ’n tyd dat die direksie geen samewerking met die rasgemengde strukture gehad het nie. Tydens ’n Algemene Jaarvergadering van die Radio het Solidariteit gesorg dat hy sy eerste kilogram vleis ontvang – vandag is drie van die direkteure ten nouste gekoppel aan die rasgemengde vakbond.

Op die foto verskyn Kallie Kriel en prof. Pont – ’n jarelange ondersteuner van die HNP wat sterk gekant was teen dié rasgemengde vakbond.

Die Vryburger kry talle navrae van lesers wat wil weet of die Radio finaal verkoop is aangesien geen instansie R1 miljoen weggee en niks terug eis nie.