Tragiese Lugskou ongeluk

‘n Italiaanse vlieënier met meer as 20 000 vliegure, is dood nadat sy Aaro L-39 Albatros tydens ‘n vertoning by die Klerksdorp-lugskou neergestort het.

Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, het gesê die vlieënier het ‘n toertjie uitgevoer. Die vliegtuig het neergestort en in vlamme uitgebars en die vlieënier is verkool.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en die naam van die vlieënier kon nog nie bekend gemaak word nie. Dit is die soveelste ongeluk wat in die afgelope jaar plaasgevind het tydens lugskoue in Suid-Afrika.

’n Gesaghebbende in die lugvaart bedryf het aan “Die Vryburger” gesê dat een van die mees kommerwekkende aspekte is dat vliegtuie se instandhouding nie meer soos in die verlede, op ’n baie hoë standaard gehou word nie.