Stygende mediese uitgawes

Talle mense het oor dekades bygedra tot mediese fondse en daarmee die ouer deel van die bevolking gesubsideer. Dit is waarskynlik vandag nog steeds die geval, met die verskil dat die werkende jongmense minder geword het en die pensioenarisse baie meer.

Die onderstaande tabel toon hoe mediese fondse bestuur word. Hieruit kan afgelei word dat hospitalisasie eintlik onbekostigbaar geword het vir mense wat nie oor ’n mediese fonds beskik nie. Sulke mense moet hulle verlaat op die derderangse staatshospitale waar toerusting nie altyd werk nie, of selfs nie beskikbaar is nie terwyl die personeel ook dikwels onopgelei en rasgedrewe in hulle dienslewering optree.

Mediese uitgawes wat steeds styg word nou deur die ANC misbruik om die Nasionale Gesondheidsplan in werking te stel wat sal meebring dat dienste net vêrder verswak.