Selfmoord poging misluk

Lindie Stander, wat in die TV sepie Binneland die rol van Elise vertolk, verkeer in die Helen Joseph Hospitaal nadat sy probeer het om haarself om die lewe te bring deur haar een arm oop te sny.

Die vervaardigers van die sepie het bevestig dat die rol uitgeskryf word en dat Lindie dienooreenkomstig ingelig is.

Dit wil voorkom asof Lindie nou psigiatriese hulp sal ontvang aangesien dit die tweede poging is om selfmoord te pleeg.

Die skakelbeampte van die TV reeks het gesê Lindie besef nou dat sy hulp nodig het.

Intussen het Die Vryburger verneem dat Lindie klaarblyklik die daad gepleeg het nadat haar verloofde bekend gemaak het dat die verhouding beëindig is.