SAL-Landingsreg verkwansel

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het een van sy drie eksklusiewe daaglikse landingstyd-gleuwe by Heath¬row-lughawe in London verkoop te midde van die feit dat die gleuwe baie skaars is en waarskynlik nie weer beskikbaar sal wees nie.

Theunis Potgieter, hoofbestuurder van die SAL se handels afdeling, het bevestig dat die transaksie aangegaan is maar wou nie uitwei oor prys of kopers nie.

Landingstye by Heathrow word op ’n gebruik grondslag beskikbaar gestel en is nie oordraagbaar nie As dit nie gebruik word nie, verval die regte daarop
SAL het glo probeer om die gleuf aan ’n ander lugdiens te verhuur en voorkeur is gegee aan ander Afrika-lugdienste maar dit was nie suksesvol nie.

Die Vryburger het intussen vasgestel dat so ’n voorkeur landingsgleuf maklik verkoop kan word aangesien die gleuf uiters gesog is. Die waarde daarvan word beraam op sowat R325 miljoen.