Saab wil vlieëniers oplei

’n Opleidingsentrum vir vegvlieëniers gaan deur die Saab in Suid-Afrika gevestig word.

Die Gripen-vegvliegtuig-wapenskool is ’n inisiatief van Saab in samewerking met die Gripen Air Forces-verbruikersgroep. Dit sal by die Overberg-lugmagbasis gesetel wees.

Die nuwe sentrum sal die vermoë van ervare Gripen-vlieëniers van oor die hele wêreld opskerp.

Anne Lewis-Olsson, Saab-woordvoerder, het gesê die belegging sal vir minstens tien jaar geld.

Saab het in omstredenheid verval met transaksies wat daarop gedui het dat omkoopgeld betrokke was in transaksies met Suid-Afrika. Aanvanklik sou Saab 38 vegvliegtuie gelewer het, maar dit is vir “onbekende redes” tot 26 verminder.