Rupert skenk miljoene

Die Uitvoerende Voorsitter van Richemont, Johann Rupert, het vanjaar minder verdien, maar het soos gewoonlik sy verdienste van £3,6 miljoen (R47 miljoen) aan liefdadigheid geskenk.

Business Day berig dat Rupert se salaris hierdie jaar £3,6 miljoen was, wat sowat R50 miljoen minder is as verlede jaar.
Dié inligting is vervat in Richemont se jaarlikse verslag wat vrygestel is. Rupert se salarisse en voordeelbetalings van Richemont, Remgro, Reinet Investments Manager en Reinet Fund Manager word tradisioneel aan liefdadigheid geskenk, het die koerant berig.

Die maatskappy wou nie sê wie die liefdadigheidsorganisasies is wat die skenkings ontvang nie.
’n Woordvoerder het aan Die Vryburger genoem dat Rupert bekend is daarvoor dat hy donasies maak aan instansies van volksvreemdes terwyl organisasies wat hulle bemoei met die opheffing van blankes, gewoon geïgnoreer word.