Rufus is gesteel

Rufus, die opgeleide valk wat gebruik word om duiwe van Wimbledon se grasbane weg te hou, is aan sy eienaars terugbesorg nadat hy verlede week uit ‘n motor
gesteel is. Die valk is verlede week met hok en al uit ‘n motor by ‘n private parkeer terrein gesteel. Sondag is die valk by die dierebeskermingsvereniging afgelaai,” het ’n woordvoerder van die polisie gesê.

Die valk se teenwoordigheid by Wimbledon verhoed dat duiwe hul neste in die dak van die hoofbaan bou.