Rotsstortings gevaarlik

Twaalf mense het die net-net die dood vrygespring toe groot rotse op die N2 in Sir Lowry-pas in die Wes-Kaap die pad versper het.

Paramedici en reddingspanne is Sondagmiddag na die plek ontbied nadat die rotse op twee motors geval het.

Kenners wat die gebied ken het aan “Die Vryburger” gesê die grootste probleem is dat paaie nie meer in stand gehou word nie. Kundiges word nie meer gebruik om paaie en omgewings te inspekteur sodat sulke gebeurtenisse betyds gekeer kan word nie.