Romanz sanger betrap !

Adam Barnard, een van die Romanz sanggroep is op pad na ‘n vertoning in hegtenis geneem nadat hy teen 189 km/h in sy Renault gejaag het. Hy is ongeveer om 06:30 op die R21 naby Olifantsfontein in ‘n 120 km sone betrap.

Hy het gesê hy is laat vir sy vlug by die Internasionale Lughawe. Barnard is na die Olifantsfontein-polisiekantoor geneem en is van roekelose en nalatige bestuur aangekla.

Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en sal vroeg volgende week in die Tembisa-landdroshof verskyn.
Die Afrikaanse sanggroep is uiters gewild en het vroeg in Junie vanjaar opgetree by die koninklike troue van prins Albert 11 en prinses Charlene van Monaco.