Rente afskryf.

Die Tshwane-metro is van plan om die rente op skuld van nie-betalers van munisipale dienste af te skryf en ’n “kommunikasieveldtog te begin om hulle te wys op die gevolge daarvan.”

Die metroraad het besluit om sowat R740 miljoen aan agterstallige rente af te skryf wat “huis bewoners” sedert Januarie 2005 nie betaal het nie. Dit sluit R36 miljoen se rente van “behoeftige inwoners” in.

’n Raadsverslag het getoon dat dié wanbetalers se teen einde Mei meer as R3 miljard is. ’n Woordvoerder sê dit is duidelik dat van die inwoners nie eers afbetaling kan reël nie en gevolglik sal die rekeninge uitstaande bly.

Die vraag is egter nie of die rente afgeskryf moet word nie, maar wat gedoen gaan word om die R3 miljard in te vorder en te verhoed dat die proses vêrder uitbrei.