Regering se kredietkaart misbruik

Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising in die PWV (Gauteng), is al wéér in die moeilikheid as gevolg van bewerings van finansiële wanbestuur wat teen hom gemaak is.

Hy het na bewering sowat R200 miljoen van die departement van menslike nedersettings gebruik om sekuriteit- en uitgewerskostes te betaal.

Volgens die DA het hy glo R30 000 bestee aan sekuriteit vir sy huis in Krugersdorp.
Die party beweer ook dat ‘n verdere R8 miljoen bestee is aan die installering van ‘n kring televisiekamera in sy kantoor.

Blykbaar is ‘n ondersoek teen die minister aan die gang oor sy beweerde misbruik van sy regering-kredietkaart..