Reaksie eenheid ingestel

‘n Motorfietseenheid vir paramedici is Dinsdag in Johannesburg bekendgestel.

Die motorfiets reaksie-eenheid (MRU) vir die PWV gebied sal binnekort uitgebrei word. Soortgelyke eenhede sal ook beskikbaar gestel word vir die Wes-Kaap en in Natal, het Netcare 911 gesê.

“Tydens die proef-fase is gevind dat die MRU van onskatbare waarde is in gevalle waar tyd uiters kritiek is, soos wanneer ‘n pasiënt ‘n beroerte of hartaanval kry. het die besturende direkteur van Netcare 911, gesê.