Psssst, gehoor wat sê die slimmes van: aartappels?!

Aartappels is een van die oudste medisynes op aarde. Hierdie groentesoort is baie ryk aan vitamines, minerale en vitamine C. Die skil is baie ryk aan potassium.

Aartappelskiltee is algemeen gebruik om hoë bloeddruk af te bring.

Rou aartappels is in kleresakke gedra om rumatiek af te weer.

Aartappels wat uitloopsels aan het, kan giftig wees en moet liewers vermy word.

Die vleis van gaargekookte, warm aartappel help om die pyn van ‘n tenniselmboog te verlig wanneer dit op die vel gedruk en gehou word vir 10-15 minute.

Vir chroniese bronchitis, kook 3-4 aartappels vir 15-20 minute. Trek dan die skil af, eet die aartappels, eet die skille daarna en drink dan die aartappelwater- dit werk soos ‘n bom.

(Die Vrygurger vereenselwig hom nie noodwendig met mediese uitsprake in hierdie reeks artikels nie)