Die statistiek oor die Produksie Prys Indeks (PPI) wat pas veskyn het, is teen die verwagting in, hoër as verwag. Dit is ook hoër as die Verbruikersprys Indeks (VPI). Terwyl die VPI op 5,9% staan, is die PPI op ‘n jaar-tot-jaar basis op 6,6%. Daar was verwag dat die PPI nou op 6,3% sou staan. Dit is veral sekere items in die indeksmantjie wat bygedra het tot die styging in die PPI. Daar word nogtans verwag dat die PPI afwaarts sal neig in die komende maande. Items wat veral tot die styging bygedra het is mynbou, voedsel by vervaardiging, petroleum en steenkool en elektrisiteit.
Die items wat in berekening gebring word om die PPI te bepaal se onderskeie bydraes op jaar-tot-jaar inflasiesyfer is soos volg:
April 2012 Mei 2012
Landbou 0,3 0,1
Mynbou en steengroef 1,6 1,8
Voedsel tydens vervaardiging 0,6 0,5
Drank 0,1 0,2
Klerasie 0,1 0,1
Hout en houtprodukte 0,1 0,0
Papier en papierprodukte 0,2 0,3
Produkte van petroleum en steenkool 0,9 0,8
Chemikalië en verwante produkte 0,2 0,3
Rubber en plastiekprodukte 0,2 0,2
Minerale produkte (nie-metaal) 0,1 0,2
Basiese metale -0,4 -0,3
Metaal produkte 0,2 0,3
Nie-elektriese masjinerie en toerusting 0,1 0,1
Elektriese masjinerie en apparaat 0,1 0,1
Ander vervaardigde produkte 0,4 0,3
Elektrisiteit 1,8 1,7
Water en gas 0,2 0,2
Alle ander produkte -0,2 -0,3
Totaal 6,6 6,6
Bron: Stats SA
‘n Taal is meer as blote kommunikasie en spelling en spelreëls is voorvereistes vir ook ‘n taal se voortbestaan.
Die woord ‘indeksmantjie’ bestaan nie. Dit was immers nog altyd ‘-mandjie’. Die ander ‘indekswoorde’ is effens lastiger maar kom ons probeer eenvormig wees deur te praat van ‘Produksieprys-Indeks’ en ‘Verbruikersprys-Indeks’ Die woorde kan verkieslik(?) ook aanmekaar geskryf word en selfs met kleinletters ten spyte van die taalvreemde wyse waarop die afkortings PPI en VPI gevorm is.
Drie taalfoute in een kort paragraaf? – Watter toets gaan ‘Vryburger’ nog dop?
Geluk, aan die ander kant, met ‘jaar-tot-jaar inflasiesyfer’. Die ‘by’ en later ‘tydens’ vervaardiging [van voedsel] kan gaan, maar miskien moet ekonome vir ons dié begrippe suiwerder probeer weergee. Wat van voedselproduksie [VP] tov landbou en voedselvervaardiging of -verwerking [VV] tov die voedselnywerheid wat dikwels uitbuitend opereer, boere sekere bedrywe laat staak en so ons voedselsekerheid bedreig.
Met so’n ekstra kategorie sal produksie- en selfs inflasiestatistiek – en ‘seblief: dis nie ‘statistieke’ nie! moontlik geloofwaardiger wees.
Sterkte