Platinum Myne sukkel

Sowat 1 500 werkers by die Aquarius Platinum-myn naby Rustenburg in Wes-Transvaal gaan hul werk verloor weens ‘n besluit om werksaamhede op te skort.

Berig is ontvang dat die wêreld se vierde grootste platinum myn weens die swakker pryse en swak verkope besluit het om die deure tydelik te sluit.

Dié platinum produsent sê hulle sal die reserwes in die myn behou totdat die ontginning daarvan ekonomies haalbaar is.

Die onsekerheid in die mynbedryf raak al hoe meer gevoelig as gevolg van die ANC se beleid wat al nader aan nasionalisering beweeg. Die ANC se jeugliga se verhoogde druk op die regering om myne te nasionaliseer het mynbase bekommerd en word myne betyds gesluit om verliese tot ’n minimum te beperk.