Olie ooreenkoms vir SA ?

PetroSA is van plan om eiendom in Ghana te bekom wat ‘n aandeel in die winsgewende Jubilee-olieveld insluit. PetroSA is vanjaar onder nuwe bestuur geplaas en wil nuwe projekte aggressief aanpak.

Afrika is gefynkam vir olie en gas en om bates aan te.

‘n Woordvoerder van PetroSA, het aan Reuters bekend gemaak dat die groep in gesprek is met die groot Italiaanse oliemaatskappy Eni SpA, om by ’n projek in Mosambiek betrokke te raak.

PetroSA voer ook samesprekings met Mosambiek om ‘n gas-tot-vloeistof-aanleg te bou.

Dit is onlangs wyd bekend gemaak in die media dat SA geknyp sit met olie invoere sedert die druk uit die VSA toegeneem het om nie olie in te voer uit Iran nie.