Nuwe prosedures vervang ope-hart operasie

Die Suid-Afrikaanse maatskappy Bidvest sal R18 miljoen belê in ‘n hartklep-konsep wat by die Universiteit Kaapstad (UK) ontwikkel is, het ‘n verklaring gelui.

“As onderneming is ons trots daarop dat ons kostebesparings deur innoverende oplossings teweeg bring. Dit is presies wat ons nuwe vennote by Southern Access Technologies Holdings (SATH) en Southern Access Technologies (SAT) doen.

Die twee groepe werk aan prosesse wat ope-hart chirurgie kan vervang en die prosedure sal baie geld spaar. Dié deurbraak sal dit vir minder gegoede pasiënte moontlik maak om genees te word terwyl ope-hart prosedures baie duurder is.

Met die uitvinding sal Suid-Afrika weer op die voorpunt staan rondom nuwe moontlikhede om hartkwale te genees..

Die Navorsing wat gedoen is by die Universiteit van Kaapstad het die nuwe benadering moontlik gemaak.