Nuusflitse

1 Drukspykers op die pad tydens Sondag se 14de skof van die Tour de France het sowat 30 fietsjaers met pap bande gelaat. Beamptes van die drie weke lange fietstoer het die polisie gevra om die voorval te ondersoek.

2 Die Tygerberg-kinderkoor en die Stellenbosse Universiteitskoor is as wêreldkampioene op ¬vanjaar se Wêreld Kore-spele in ¬China aangewys.

3 ‘n Driejarige seun het in ‘n swembad in Randfontein verdrink.

4 Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, is pas as die Afrika Unie (AU) se kommissie-voorsitter verkies..

5 Bill Clinton, voormalige president van die VSA, probeer om meer ondersteuning vir ‘n liefdadigheidsorganisasie in Suid-Afrika te kry. Die organisasie voorsien opleiding aan arm Suid-Afrikaanse skoolkinders sodat hulle ‘n beter toekoms kan hê.

6 Die waarheid is dat 99% van handboeke vir skole in Limpopo in pakhuise gelê het en nie by skole afgelewer is nie. Dít is die bevinding van prof. Mary Metcalfe se verslag oor die aflewering van handboeke.

7 Pres. Jacob Zuma gaan eersdaags ’n nuwe minister van binnelandse sake aanwys. Dit volg op die verkiesing eergister van die huidige minister, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, tot voorsitter van die Afrika-unie se kommissie.

8 Meer as 100 000 Japanners het gister in die middestad van Tokio aan ’n optog teen kernkrag deelgeneem.

9 Delta Air Lines Inc. probeer vasstel hoe naalde in kalkoen-toebroodjies op vier vlugte vanaf Amsterdam na die VSA beland het. Dié lugredery se woordvoerder het gesê die naalde is Sondag in ses toebroodjies op vier vlugte gevind.

10 Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf sukkel, terwyl dié van Mauritius aanhou groei.
Volgens Dev Chamroo, uitvoerende hoof van Enterprise Mauritius, kan dit toegeskryf word aan Mauritius se bedryf wat tred hou met veranderende markte en behoeftes.