Nuusflitse

1 Meer as 6000 misdadigers is oor tien weke in die Vrystaat en Noord-Kaap vrygelaat uit tronke met spesiale vergunning van pres. Jacob Zuma Die laaste 600 gevangenes wat afslag op hul vonnisse gekry het, is gister oor die land heen vrygelaat. Te midde hiervan bly die tronke steeds oorvol.

2 n Man is Vrydag in Jongensfontein naby Stilbaai in die Wes-Kaap deur ‘n haai gebyt. Jacque Mostert (29), van Verwoerdburg het saam met vriende branderplank gery toe die haai hom aangeval het. Die man het ernstige skeurwonde aan sy bobeen opgedoen.

3 Suid-Soedan herdenk vanjaar sy eerste jaar van onafhanklikheid. Die olieproduksie in die land is gestaak weens die verskil met Soedan en dit bring mee dat die land 99% van sy totale inkomste verloor het.

4 Die Sonkrag-aangedrewe vliegtuig het Marokko se hoofstad vir Madrid verlaat en is op pad terug na Switserland. Die Solar Impulse, geloods deur Bertrand Piccard, is ‘n eksperimentele vliegtuig wat sonder brandstof vlieg.

5 Grootbase van maatskappye wat nie aan wetgewing oor swart bemagtiging voldoen nie, kan tot tien jaar tronkstraf opgelê word of met tot 10% van hul jaarlikse omset beboet word. Pres. Jacob Zuma het dit gesê tydens ’n dinee van die Black Management Forum in Sandton.