Noord-Kaap terreur verhoog

Op Maandag 25 Junie het nog ’n plaasaanval op mnr. Johan Moller van Mollersville buite Black Rock plaasgevind. Gelukkig was mnr. Moller en sy gesin was nie tuis nie. Deure van die woonhuis is afgebreek, die kluis is uit muur gebreek en oopgesny met ’n elektriese snymasjien en die wapens asook ammunisie is gesteel: Die wapens, een elk van ’n 3006, 308, 303, 12-boor Haelgeweer, 2 handwapens nl. .38 Special en ’n .32. plus sowat 500 patrone. Mnr. Moller sê dat sy sms-sekuriteit stelsel ‘toevallig’ ‘n paar dae voor die inbraak onklaar geraak het. Niks anders is geroof nie.

Op 5 Julie 2012 om ongeveer 9H00 is ’n gewapende roof in Reivilo uitgevoer waartydens Roos Sekuriteit se voertuig beroof is. Tien skote is tydens die aanval op die voertuig geskiet met AK47 en R5 gewere. R52000 is gesteel. Die sekuriteit wagte van die voertuig verkeer nog in ’n ernstige graad van skok. Dit was gelukkig ‘n gepantserde voertuig.

Blykbaar is beide gevalle deur die media geïgnoreer. ’n Welbekende op die gebied van landelike beveiliging het aan “Die Vryburger” gesê dat die wapens wat gesteel word later gebruik word vir ander aanvalle op volksgenote.

“Dit is dus baie duidelik dat hier ’n besliste volksmoord plaasvind terwyl die ganse wêreld toekyk hoe dit gebeur”, het die woordvoerder gesê.